『Hoekom het ek iets om te sê?』のカバーアート

Hoekom het ek iets om te sê?

Hoekom het ek iets om te sê?

無料で聴く

ポッドキャストの詳細を見る

このコンテンツについて

Welkom by die eerste episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.

My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n Kliniese Sielkundige in die Noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.

In die eerste aflewering van my nuwe podsending, gaan ek hierdie belangrike vraagstuk alleen bespreek in terme van die drie konsepte wat hierdie podsending definieër (en op die logo verskyn):

  1. Die psigiese noodsaaklikheid van self-uitdrukking
  2. Filosofie en die soeke na helderheid
  3. Kuns as ‘n vorm van uitdrukking

Ek hoop jy geniet die reis saam met my!

*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.

Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/

Hoekom het ek iets om te sê?に寄せられたリスナーの声

カスタマーレビュー:以下のタブを選択することで、他のサイトのレビューをご覧になれます。